Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bakwena (Bakwêna)
Bakwena [boodskap #121057] Di, 20 November 2018 14:35
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bakwena (kortweg Kwêna) is naam van ’n verskeidenheid van stamme behorende tot die Wes-Sotho- (Tswana-) groep van die Bantoe. Woonagtig hoofsaaklik in die distrikte Rustenburg en Pretoria, egter ook in Botswana (Betsjoeanaland) in die omgewing van Molopelole. Hulle naam kom van 'n vroeë opperhoof, Kwena. Bakwena beteken 'Mense van die Krokodil', hulle totemdier.

Brokstukke van die Bakwena word aangetref in Lesotho (Basoetoland). Hulle hoofman, Sebele, besoek Engeland in 1895 en is deur Koningin Victoria ontvang. Vir oorsprong sien Bahurutshe.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bakerville
Volgende onderwerp: Baldwin, William Gharles
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:44:25 MGT 2024