Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Baker, Sir Herbert
Baker, Sir Herbert [boodskap #121055] Di, 20 November 2018 14:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Skets van Herbert Baker.
Skets van Herbert Baker.
Sir Herbert Baker (1862 - 1946) was 'n argitek. Gebore in Engeland in 1862 en ontvang onderwys aan die Tonbridge School. Kom in 1892 na Suid-Afrika en kry opdrag van Rhodes om die Groote Schuur te herbou en te restoureer, en om 'n versameling oudhede bymekaar te kry. Daarna doen hy baie werk, insluitende 'The Woolsack', 'Welgelegen' en 'Rust en Vrede' op Muizenberg (waar Rhodes gehoop het om af te tree en wat na sy dood vir sir Abe Bailey voltooi is), die gedenkteken vir die beleg van Kimberley en die Rhodes-gedenkteken by Groote Schuur.

Baker vestig hom daarna in Johannesburg, waar hy 'n aantal herehuise bou. Sy belangrikste werk in Transvaal was die Uniegebou in Pretoria, wat in 1913 voltooi is. Daardie jaar keer hy terug na Engeland, maar bly in voeling met Suid-Afrika deur die ontwerp van baie geboue insluitende Suid-Afrika-Huis in Londen (1930). Die herlewing van die ou Kaaps-Hollandse argitektuur in Suidelike Afrika was hoofsaaklik aan hom te danke. Hy is in 1926 tot ridder geslaan. Sy herinneringe gee hy weer in sy boek Cecil Rhodes by his Architect (1934). Oorlede in 1946 en in die Westminster-abdy begrawe.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Baird, Sir David
Volgende onderwerp: Bakerville
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:22:13 MGT 2024