Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Babe, Jerome
Babe, Jerome [boodskap #121029] Wo, 14 November 2018 17:11
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
/fa/63/0/
Jerome Babe was 'n Amerikaanse handelaar en uitvinder. Gebore in Louisiana, V.S.A., en kom omstreeks 1865 in Suid-Afrika aan as verteenwoordiger van die Remington Arms Company. Met die ontdekking van diamante word hy 'n suksesvolle delwer, en is die uitvinder van die 'Baby', 'n gewilde en geslaagde masjien vir die was van gruis. Werk op die Vaalrivierdelwery en maak 'n redelike bedrag geld, wat hy weer na sy terugkeer na die Verenigde State in 1873 verloor het. Besonderhede van sy latere lewe is onbekend.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
  • Aanhangsel: baby.jpg
    (Grootte: 28.16KB, 278 kere afgelaai)
Vorige onderwerp: Babanango
Volgende onderwerp: Babilonstoring
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:23:57 MGT 2024