Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Baardman, Kaapse (Umbrina capensis)
Baardman, Kaapse [boodskap #121025] Wo, 14 November 2018 16:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Kaapse Baardman (ook Slankbaardman, Umbrina ronchus) is 'n vis wat van Valsbaai tot in Algoabaai aangetref word. Die kabeljouagtige, sterk vis word sowat 75 cm (28 duim[1], 3 voet [2]) lank en weeg tot 7.2 kg. Hulle is bo gryserig en onder witterig van kleur en word gekenmerk deur die aanwesigheid van ’n kort dik stekel aan die onderkaak. Die vis kom in sanderige gebiede om vlak, aanlandige riwwe (soos die Agulhasbank) voor. Hulle word in redelike hoeveelhede deur treilers aan wal gebring.

Sinonieme: Sciaena capensis [2] en Umbrina capensis [1].

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Baardman
Volgende onderwerp: Baardskeerderbos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:06:46 MGT 2024