Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Baardman (Sporopipes squamifrons)
Baardman [boodskap #121024] Wo, 14 November 2018 16:18
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Baardmannetjies.
Baardmannetjies.
Die baardman of baardmannetjie (Sporopipes squamifrons) is een van die algemeenste voëltjies in droë dele waar dit sonder water kan klaarkom. Lig van kleur met swart 'snoragtige' strepe op die keel en witkantige swart 'skubagtige' vere op voorkop en vlerke.

Die baardmannetjie is omtrent so groot as ’n mossie met twee swart lyne onder die snawel wat soos ’n baardjie lyk. Die soort word van Beaufort-Wes en Graaff-Reinet noordwaarts aangetref, tot in Zimbabwe (Suid-Rhodesië) en Suid-Angola in die weste. Hulle boer meestal in klein troppe saam rondom doringbome; is soms baie mak; hulle eet saadjies. Daar is meestal verskillende neste bymekaar, en elk is ’n slordige, min of meer ronde bouwerk. Hulle broei die hele jaar deur en daar is 3 - 5 eiers per nes.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Avontuur
Volgende onderwerp: Baardman, Kaapse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:02:57 MGT 2024