Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aurora
Aurora [boodskap #121020] Wo, 14 November 2018 15:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Aurora, soos op 'n 18de eeuse skildery uitgebeeld.
Aurora, soos op 'n 18de eeuse skildery uitgebeeld.
Aurora is die Latynse naam vir Eos, die Griekse godin van die dageraad. Sy vernuwe haarself elke oggend met dagbreek en vlieg oor die horison om die koms van die oggend aan te kondig. Haar broer is die son, en haar suster die maan. Sy het ook 'n klomp mans en vier seuns, een vir elke hoofrigting: Noord, Oos, Suid en Wes. Een van haar minnaars was Tithonus. Aurora het Zeus gevra om Tithonus onsterflikheid te gee. Sy versuim egter om vir ewige jeug te vra. As gevolg hiervan bly Tithonus vir ewig verouder.

Aurora is ook 'n dorp in die Sandveld 43 km wes van Piketberg en 29 km suid van Redelinghuys in die Wes-Kaap. Die dorp is gestig in 1906 en vernoem na die Romeinse godin van die daeraad. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 350 (300 Blankes).

Sien ook Aurora borealis, die sogenaamde noorderlig of poollig.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Argeologie
Volgende onderwerp: Aus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:02:54 MGT 2024