Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Athlone, Graaf van
Athlone, Graaf van [boodskap #121012] Di, 13 November 2018 14:53
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Graaf van Athlone (Alexander Augustus Frederick William Alfred George Cambridge) was die goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika.

Gebore, Kensington-paleis, 14 April 1874, as seun van die Hertog van Teck; oorspronklike titel - prins Alexander van Teck. Sluit aan by die leër en veg in Matabele-rebellie van 1896, ook in Tweede Vryheidsoorlog en Eerste Wêreldoorlog met aansienlike onderskeiding. In 1923 word hy goewerneur-generaal van die Unie tot 1931. Van 1940 tot 1946 was hy goewerneur-generaal van Kanada. 'n Sjarmante en gewilde man en uiters suksesvol in sy amp. Oorlede op 16 Januarie 1957.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Athlone
Volgende onderwerp: Athlone-Meer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:47:31 MGT 2024