Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Atherstone, Dr. William Guybon
Atherstone, Dr. William Guybon [boodskap #121010] Di, 13 November 2018 14:46
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. William Guybon Atherstone was 'n Suid-Afrikaanse mediese- en wetenskaplike pionier. Gebore op 27 Mei 1814 in Engeland en kom saam met die 1820-Setlaars na die Kaap. Studeer in die medisyne in Londen en was teenwoordig in die Sorbonne in Parys toe Daguerre in 1839 die eerste keer die beginsels van fotografie demonstreer; ook in 1840 toe S.F.B. Morse die eerste keer telegrafie demonstreer.

Vestig hom in Grahamstad waar hy in 1847 die eerste operasie in die Suid-Afrikaanse geskiedenis onder narkose doen. Hy stig die Albany-Museum in 1855 en was een van die eerste studente van Suid-Afrikaanse geologie. In 1867 verewig hy sy naam deur die eerste diamant aan die Kaap uit te ken. Tree toe tot die politiek, en was onder die eerste mense wat 'n spoorlyn tussen
Kaapstad en Kairo voorgestel het, lank nog voor Cecil John Rhodes. Oorlede in 1898.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Assenburgh, Louis van
Volgende onderwerp: Athlone
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:42:56 MGT 2024