Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Assegaaihout (Assegaaibos)
Assegaaihout [boodskap #121008] Di, 13 November 2018 14:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Assegaaihout teen Tafelberg se hange.
'n Assegaaihout teen Tafelberg se hange.
Assegaaihout (ook as(se)gaaibos; Curtisia faginia Ait.) is 'n inheemse boom aangetref van die Kaap tot Natal en in die Noord-Transvaal. Dit is soms struikvormig en het mooi ovaalvormige blare, blink van bo en getand om die rand, en met ’n sterk hout. Die boom word beskerm is Suid-Afrika en kan tot 18 meter (60 voet) hoog word.

Die boom lewer harde hout wat vir die speke van wawiele gebruik is. Dit is waarskynlik ook voorheen deur naturelle vir asgaaistele gebruik, vanwaar die naam.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Assegaaibos
Volgende onderwerp: Assenburgh, Louis van
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:26:53 MGT 2024