Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Asbes (Garingklip)
Asbes [boodskap #121002] Di, 13 November 2018 09:44
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Witasbes
Witasbes
Asbes (of garingklip) is 'n mineraal, aangetref in verskillende vorme, vernaamlik kalsium-magnesiumsilikaat (in Kanada en Rusland). As veselmineraal is dit draderig en onbrandbaar. Asbes se brandwerende eienskappe maak dat dit vir talle doeleindes gebruik word, van brandvrye bordpapier, dakteëls, geute, afvoerpype tot remvoerings. Dit is egter 'n karsinogeen, 'n kankerwekkende stof. Persone wat langdurig aan asbesstof blootgestel word ontwikkel later asbestose, 'n kanker in die longe.

In Suid-Afrika kom asbes in verskillende vorme voor in Oos- en Noord-Transvaal, Swaziland, Zoeloeland en Griekwaland-Wes, van die Oranje-rivier tot noord van Kuruman. Die opbrengs is ongeveer 100,000 ton per jaar. Plaaslike vorme sluit in krosidoliet of blouasbes, serpentynasbes, amosiet of bruinasbes, en tremoliet.

Verskeie soorte is in die Republiek ontgin, waaronder:

1) krosidoliet of blou asbes (Noordwes-Kaapland en Noord-Transvaal)
2) serpentynasbes (Transvaal)
3) amosiet (Transvaal)
4) tremoliet (Natal)
5) anthophyllit (Noord-Transvaal) - word nie meer ontgin nie.

Die belangrike asbesmyne (serpentyn-asbes) in die distrikte Mashaba en Belingwe van Rhodesië (vandag Zimbabwe) is onder die grootstes in die wêreld. Die Havelock-myn in Swaziland was 'n groot produsent van serpentynasbes, maar is later gesluit. 'n Kenmerk van die myn is sy kabelspoor oor die berge na Barberton. Neerslae word ook in Suidwes-Afrika gevind.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Arthur-Meer
Volgende onderwerp: Ashton
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:24:33 MGT 2024