Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Arnot, David
Arnot, David [boodskap #120997] Ma, 12 November 2018 18:51
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
David Arnot (1821-1894) was 'n prokureur en diplomatieke agent. Ná die ontdekking van diamante in 1867 het hy namens Waterboer valslik op ’n bona fide-gebied van die Vrystaat aanspraak gemaak. Keate het hom in 1871 hierin gelyk gegee, maar 1876 het ’n Kaapse landhof sy aanspraak verwerp.

Arnot is in 1821 op Uitenhage gebore en was die seun van ’n Skot en ’n Hottentotvrou van Bethelsdorp. Hy ontvang opleiding aan die South African College, Kaapstad en in 1852 vestig hy hom op Colesberg as regs- en algemene agent. Hy tree op as die pleitbesorger en agent van Adam Kok III en sedert 1860 was hy eers die regsverteenwoordiger en later diplomatieke agent vir die Griekwa-opperhoof, Nikolaas Waterboer.

Sy invloed het laat in die jare 1860 'n hoogtepunt bereik toe die besitreg van Griekwaland-Wes in die gedrang gekom het na die ontdekking van diamante. As Waterboer se woordvoerder het hy om die Britse anneksasie van die gebied gevra. Hy het ook die Griekwas en naburige stamme verteenwoordig in die samesprekings wat in 1870 tot die Keate-uitspraak gelei het. Nadat die Diamantveld 'n regering gekry het, word hy in 1870 lid van die Wetgewende Raad.

Hy is op op 6 Junie 1894 oorlede. Hoewel intelligent en energiek, was hy uiters geslepe en ’n uitgesproke Boerehater.

Bronne:
1. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
2. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Arniston
Volgende onderwerp: Argitektuur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:18:16 MGT 2024