Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Arend (Adelaar)
Arend [boodskap #120995] Ma, 12 November 2018 18:02
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Visarend (Haliaeetus vocifer).
'n Visarend (Haliaeetus vocifer).
Arende is die algemene naam vir die groter lede van die Falconidae-familie, waarvan die kleineres valke genoem word. Hulle is roofvoëls gekenmerk deur hulle regop houding, kloue met geveerde tone, gekromde snawel en krop om vinnige inswelging te vergemaklik. Hulle vlerke reik in die toegevoude posisie tot by die punt van die stert. Arende word al hoe minder in Suid-Afrika aangetref, maar is nog volop en word in die wildtuine bewaar. Daar is 'n aantal soorte. Die valk het 'n stroombelynde liggaam en stert en gepunte vlerke vir groter spoed. Voorbeelde hiervan is:

Die slegvalk wat in die omgewing van Tafelberg voorkom.

Die bergarend (Terathopius ecaudatus) met sy swart kraag, kastaiingbruin rug en stert en wit vere onder die vlerke is 'n merkwaardige arend en het uiters lang vlerke, groot kop en kort stert. Dit bly die meeste van die tyd in die lug en kan 'n geweldige snelheid bereik om sy prooi in een netjiese swiepslag te dood. Dit is volop in droë, oop streke.

Rooivalke en woue word dikwels gesien sweef. Hulle lyk net soos valke in vlug maar het langer, breër sterte.

Die uilarend het 'n lang stert, geronde vlerke, helder geel oë en (anders as ware arende) ongeveerde witterige bene.

Jakkalsvoëls het kort, uitgespreide sterte en lang vlerke, uitgesprei soos vingers.

Sperwers het kort geronde vlerke en lang breë sterte.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Appelliefie, Kaapse
Volgende onderwerp: Arniston
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:04:41 MGT 2024