Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Anti-Bandietebeweging
Anti-Bandietebeweging [boodskap #120988] Ma, 12 November 2018 16:42
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Charles Bowyer Adderley
Charles Bowyer Adderley
Die Anti-Bandietebeweging was 'n suksesvolle veldtog om te verhoed dat die Kaapkolonie in 'n strafkolonie omgeskep word. Die Kaap is op 4 September 1848 deur die Orde in Rade aangewys as 'n kolonie waarheen bandiete gestuur kan word. Die aankondiging van die nuus deur goewerneur sir Harry Smith het spontane weerstand dwarsdeur die land laat ontstaan. Monstervergaderings is gehou en proteste is na Engeland gestuur.

Ten spyte hiervan het die skip Neptune met 'n vrag van 288 bandiete na die Kaap vertrek, en kom op 19 September 1849 in Simonstad aan. Die Anti-Bandiete-vereniging organiseer 'n boikot en die koloniste beloof om geen voorrade of ander noodsaaklikhede aan die Neptune te verskaf nie.

Gevoelens loop hoog, vermeende ondersteuners van die Britse regering is uitgesluit en die Goewerneur is uit Londen gewaarsku dat hy van geweld gebruik moet maak om aan die amptelike behoeftes te voldoen. Ná vyf maande, op 21 Februarie 1850, het die pleidooie van mnr. Charles Bowyer Adderley in die Laerhuis geslaag en het die Neptune na Tasmanië (Van Diemensland) vertrek. Hierdie suksesvolle weerstand was 'n groot faktor wat bygedra het tot die toekenning van die eerste Parlement aan die Kaap.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Antarktika
Volgende onderwerp: Apartheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:05:56 MGT 2024