Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Antarktika
Antarktika [boodskap #120987] Ma, 12 November 2018 16:08
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Satellietfoto van Antarktika.
'n Satellietfoto van Antarktika.
Antarktika is 'n kontinent by die Suidpool van die Aarde, omring deur die Suidelike Oseaan en in twee verdeel deur die Transantarktiese Berge. Dit is die koudste plek op aarde en die kontinent is byna volledig met ys bedek. Daar is geen permanente menslike inwoners nie en slegs plante en diere wat aangepas is tot die koue oorleef daar. Dit sluit pikkewyne, pelsrobbe, mosse, korsmosse en tale soorte alge in.

Hoewel die meeste Antarktiese ontdekkingsreisigers sedert kaptein James Cook in die 18de eeu die Kaap besoek het op hulle suidwaartse reis, dateer die eerste ernstige verbintenis terug na 1910 toe kaptein R.F. Scott op sy laaste ekspedisie 'n toekenning van £500 van die Suid-Afrikaanse regering ontvang het asook ander openbare bydraes deur goewerneur-generaal lord Gladstone. Daarna het Suid-Afrika gereeld bygedra tot die 'Scott Polar Research Institute' in Cambridge, Engeland.

In 1919 verkry professor E.J. Goddard van die Universiteit Stellenbosch steun vir 'n Suid-Afrikaanse Antarktiese ekspedisie, waarvoor die voorbereidings in die ekonomiese depressie gestaak is. Suid-Afrika se belangrikheid in die walvis- en visbedryf en deelname aan die Internasionale Geofisiese Jaar laat die belangstelling opflikker. In 1959 neem Suid-Afrika deel aan die eerste Internasionale Konferensie oor Antarktika in Washington en word sy aandeel daar erken. In 1960 is 'n ooreenkoms met Noorweë bereik waarvolgens Suid-Afrika 'n basis op Koningin Maud-land mag hou. Die eerste ekspedisie staan onder leiding van Hannes la Grange, 'n Suid-Afrikaanse weerkundige, wat in 1958 deelgeneem het aan sir Vivian Fuchs se beroemde reis oor Antarktika.

Sedertdien is verskeie Antarktiese ekspedisies onderneem. Belangrike weerkundige navorsing is ook deur die Suid-Afrikaanse Weerburo op Bouveteiland en elders met behulp van die Suid-Afrikaanse vloot gedoen. In 1963 het albei met die Amerikaanse regering saamgewerk in 'n suksesvolle pioniersvlug van Kaapstad af oor Antarktika waaraan professor L.C. King van die Universiteit Natal deelgeneem het.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Anreith, Anton
Volgende onderwerp: Anti-Bandietebeweging
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:03:22 MGT 2024