Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Anreith, Anton
Anreith, Anton [boodskap #120986] Ma, 12 November 2018 15:57
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Preekstoel van die Groote Kerk wat hy gemaak het.
Preekstoel van die Groote Kerk wat hy gemaak het.
Anton Anreith (1754 - 1822) was 'n bekende Suid-Afrikaanse beeldhouer en kunstenaar. Hy in 1754 op Freiburg in Baden, Duitsland gebore. Anreith was van Hongaarse afkoms en het in 1777 na die Kaap gekom as soldaat in diens van die Nederlands Oos-Indiese Kompanjie. Hy wen die vriendskap van Louis-Michel Thibault en ontwikkel sy vermoë as beeldhouer. Onder sy eerste werke is die twee leeus wat nou aan die bopunt van Goewermentslaan, Kaapstad, is en dié by die ingang van die Kasteel, waar hy ook sekere dekorasies in die Kat-balkon gedoen het.

Sy bekendste werke sluit in die pragtige houtpreekstoel van die Grootekerk in Adderleystraat, nog 'n preekstoel en die koorgalery in die ou Lutherse kerk in Strandstraat, ook die preekstoel van die Rynse kerk op Stellenbosch. Op Groot Constantia het hy die kroon (gewel) van die beroemde wynkelders met sy klassieke figure gemaak. Baie van sy wasmodelle en ontwerpe bestaan nog. Hy is op 4 Maart 1822 in Kaapstad oorlede.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Anker
Volgende onderwerp: Antarktika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:16:06 MGT 2024