Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Anglikaanse kerk
Anglikaanse kerk [boodskap #120979] Ma, 12 November 2018 06:43
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Anglikaanse Kerk van Suider-Afrika (voor 2006 bekend as die Kerk van die Provinsie van Suider-Afrika) is die Anglikaanse Gemeenskap se kerkprovinsie in Suidelike Afrika.

Anglikaanse kerk, die Church of the Province of South Africa, in gemeenskap met die amptelike Church of England. As gevolg van die uitspraak van die Geheime Raad in die geval van biskop J.W. Colenso in die jare 1860 dat die Established Church nie oorgedra kan word na die kolonies nie, het die Church of the Province of South Africa 'n vrywillige verbintenis behou.

Die Aartsbiskop van Kaapstad staan aan die hoof van die kerk. Hy tree ook as voorsitter op van die Provinsiale Sinode, wat elke vyf jaar byeenkom om die Kerk se wette op te stel. Die Anglikaanse kerk in Suid-Afrika het tot 1847 onder die jurisdiksie van die Biskop van Calcutta geval. Toe is die bisdom van Kaapstad gestig. Die getal lidmate in 1963 was: 389,859 Blankes, 268,620 Kleurlinge en 748,135 Bantoes.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Andrews, William Henry
Volgende onderwerp: Angoche
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:54:25 MGT 2024