Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Andrews, William Henry
Andrews, William Henry [boodskap #120978] Ma, 12 November 2018 06:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
William Henry Andrews was 'n Suid-Afrikaanse arbeidersleier. Op 20 April 1870 in Suffolk, Engeland gebore. Op 13 jarige ouderdom word hy leerling-passer-en-draaier. In 1893 emigreer hy na Suid-Afrika en begin onmiddellik belangstel in die Vakbondwese. In 1896 help hy met die stigting van die Amalgamated Society of Engineers aan die Rand - 'n tak van die Engelse vakbond, nou die Amalgamated Engineering Union.

Na die besetting van Johannesburg deur die Britte tydens die Tweede Vryheidsoorlog was hy werksaam in die Braamfonteinse werkswinkels van die Imperial Military Railways, waar hy sy organiserende hoedanighede ten volle tot uiting gekom het. Hy was betrokke in die meeste arbeidsgeskille in Transvaal, onder meer die mynwerkerstaking van 1907, en in 1912 was hy een van die eerste Arbeiderslede in die Suid-Afrikaanse Parlement. Speel 'n groot rol in die mynwerkerstaking van in 1913 aan die Rand en ook in 1914.

Hy was een van die eerste lede van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty met sy stigting in 1921. Hy was die eerste Sekretaris van die Suid-Afrikaanse Vakbondkongres (later die Suid-Afrikaanse Vakbondraad), en tree in 1932 af. Hy het Moskou dikwels besoek waar hy met die oorspronklike Bolsjewiek-leiers beraadslaag het. Oorlede op 26 Desember 1950.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Anderson, Eerwaarde R.
Volgende onderwerp: Anglikaanse kerk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:11:57 MGT 2024