Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Amatolaberge (Amathole)
Amatolaberge [boodskap #120969] So, 11 November 2018 16:12
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Amatolaberge (Amatole-berge) is 'n digbebosde bergreeks in Oos-Kaapland naby Alice, benoorde King Williams Town. Die woord Amatole beteken "kalwers". Daar is 'n groot staatsplantasie en saagmeule. Die hoogste pieke is meer as 1,800 meter (ongeveer 6,500 voet) bokant seespieël. Menige botsing het in die vroeë grensoorloë daar met die inboorlinge plaasgevind. Fort Hare was destyds ’n belangrike voorpos van die militêre magte; later ’n universiteit vir naturelle.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Amatikulu
Volgende onderwerp: Amatongaland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:29:44 MGT 2024