Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Amarillis (Amaryllidaceae)
Amarillis [boodskap #120965] So, 11 November 2018 15:12
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
/fa/60/0/
Amarillis (Amaryllidaceae) is 'n pragtige lelie met ligroos blomskerms, volop aangetref op die laer hange van die Kaapse berge. Dit behoort aan 'n uitgebreide orde van kruierige en bolplante wat volop aan die Kaapse en Natalse kus voorkom en verskil van die leliefamilie alleen in dié opsig dat dit minderwaardige vrugbeginsels het. Die blare is swaardvormig; die blomme het drie kelkblare met dieselfde kleur as die drie kroonblare; die vrug is 'n veelsadige kapsule of 'n driesadige bessie.

Baie van die bolle en ander dele van die blom is giftig soos aangedui deur sommige name bv. seeroogblom en gifbol. Onder die sierlike lede van die familie is die maartblom of bloedblom (Haemanthus coccineus; "kaffer-almanak"); die vuurlelie, die rooi ifafalelie (Cyrtanthus), met sy los oranje en rooi blomskerms; die geel boslelie van Natal (een van die wyd oop clivias); en die nerinas met hulle krullerige ligroos kroonblare en prominente meeldrade.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
  • Aanhangsel: amarillis.jpg
    (Grootte: 23.67KB, 258 kere afgelaai)
Vorige onderwerp: Amanzimtoti
Volgende onderwerp: Amasi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:21:37 MGT 2024