Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Alvord, Emory Delmont
Alvord, Emory Delmont [boodskap #120954] So, 11 November 2018 14:58
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Emory Delmont Alvord was 'n sendeling en opvoedkundige in Rhodesië. Gebore in Utah, V.S.A., waar hy sy opleiding ontvang en sy loopbaan as onderwyser begin. In 1913 begin hy spesialiseer in die landbou en in 1919 sluit hy aan by die voorligtingsdiens van die Amerikaanse departement landbou en word aangestel as landboukundige by die Mount Selinda-sending in Rhodesië. Hy bewys gou sy buitengewone vaardigheid en in 1926 word hy aangestel as Staatslandboukundige vir die naturelle. In 1944 is hy aangestel as Direkteur van Naturelle-landbou. Oorlede in 1958.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Almeida, Dom Francisco
Volgende onderwerp: Amabele
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:23:26 MGT 2024