Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Almeida, Dom Francisco
Almeida, Dom Francisco [boodskap #120953] So, 11 November 2018 14:52
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dom Francisco de Almeida
Dom Francisco de Almeida
Dom Francisco de Almeida (ca. 1450 - 1510) was 'n ontdekkingsreisiger, seevaarder en die eerste Portugese onderkoning van Indië. Hy was 'n afstammeling van die Graaf van Abrantes. Hy geniet groot aansien vir sy heldedade in die oorloë teen die More en word in Maart 1505 met 'n vloot van 21 skepe en 1,500 soldate na Indië gestuur. Sy opdrag was om die Portugese gesag in Afrika en in die Verre Ooste te vestig. Hy omseil die Kaap die Goeie Hoop op 26 Junie 1505.

Hy verower Kilwa (in Kenia) waar hy 'n fort bou en knoop later vriendskaplike betrekkinge aan met die hoofman van Malindi (ook in Kenia). Hy bereik Indië en maak gou die naam van Portugal gevrees. Hy het in Kochi (voorheen Cochin, Indië) gaan woon en ’n handelsverdrag met Malakka ('n staat in Maleisië) gesluit. In Februarie 1509 het hy die Arabiere en hul Egiptiese bondgenote by Diu verslaan. Hy bly in Indië tot November 1509 (toe hy gedwing is om Alfonso d' Albuquerque as sy opvolger te erken) waarna hy sy terugreis na Portugal aanpak.

Op 1 Maart 1510 word hy in Tafelbaai, wat toe nog as Saldanhabaai bekend was, tydens 'n skermutseling met die Khoikhoi (Hottentotte) gedood. Die Portugese seevaarders het die Suider-Afrikaanse kus daarna probeer vermy.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.


Vorige onderwerp: Allard, Biskop Jean Francis
Volgende onderwerp: Alvord, Emory Delmont
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:20:15 MGT 2024