Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aliwal-Noord
Aliwal-Noord [boodskap #120948] So, 11 November 2018 07:42
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Aliwal-Noord is 'n dorp aan noordelike grens van Kaapland, op suidelike wal van die Oranjerivier waar die Frerebrug oor die Oranje span. In 1849 gestig deur goewerneur sir Harry Smith ter nagedagtenis aan sy oorwinning oor die Sikhs in Aliwal, Indië. Die konvensie tussen die Basoeto's onder Mosjesj en die Vrystaat is in 1869 hier onderteken. Dit was 'n belangrike strategiese punt in die Tweede Vryheidsoorlog. Deur Boere beset van 13 November 1899 tot 11 Maart 1900. Gewilde vakansie-oord (warmwateroord) vanweë sy swawelbronne. Aliwal-Noord dien as spoorwegaansluiting vir Barkly-Oos, Wepener en Burgersdorp. Suiwelboerdery, inmaak van vleis en meubelmakery is die vernaamste bedrywe. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 10,706 (2,639 Blankes, 1,613 Kleurlinge en 6,444 Bantoes).

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Alie
Volgende onderwerp: Aliwal-Sandbank
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:11:31 MGT 2024