Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Alice
Alice [boodskap #120944] So, 11 November 2018 07:25
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Alice-treinstasie, ongeveer 1900.
Die Alice-treinstasie, ongeveer 1900.
Alice is 'n dorp in Oos-Kaap aan die Tyhume-rivier, 120 km wes van Oos-Londen. Dit is in 1836 gestig. Die naburige Fort Hare bring mee dat dit stadig ontwikkel. Vernoem na koningin Victoria se dogter, prinses Alice, die groothertogin van Hesse-Darmstadt. Die naam is in 1847 gegee deur goewerneur Maitland en 1852 kry die plek 'n munisipaliteit. Die beroemde Lovedale-inrigting en die Fort Hare-universiteit (oorspronklik vir nie-blankes) is daar naby. In die omgewing word hoofsaaklik met beeste en sitrus geboer en daar is ook ’n saagmeul. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 3,536 (746 Blankes).

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Algoabaai
Volgende onderwerp: Alicedale
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:23:54 MGT 2024