Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Alexander, Morris
Alexander, Morris [boodskap #120940] So, 11 November 2018 07:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Morris Alexander was 'n Suid-Afrikaanse regsgeleerde en wetgewer. Gebore in 1877 op Zlin in Oos-Pruise. Emigreer as kind na die Kaap waar hy aan die South African College studeer en daarna aan Cambridge homself bekwaam as advokaat in 1900. In Kaapstad tree hy gou na vore as werker vir die Joodse gemeenskap en word ook die mondstuk en kampvegter vir die Kleurlinge. In 1905 word hy lid van die Kaapstadse stadsraad en in 1908 word hy verkies tot die Kaapse parlement. Hy het nooit sy werk vir die mindergegoedes laat vaar nie en het respek van sy teenstanders afgedwing. Afgesien van sy hulp in die verkryging van die erkenning van Jiddisj as 'n Europese taal, het hy die saak vir die Indiërs gestel en die toegangsbeperking van vreemdelinge tot Suid-Afrika heftig beveg. Hy is in 1946 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Alexanderbaai
Volgende onderwerp: Alexandra
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:04:18 MGT 2024