Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Alexanderbaai
Alexanderbaai [boodskap #120939] So, 11 November 2018 07:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
James Edward Alexander
James Edward Alexander
Alexanderbaai is 'n nedersetting in Namakwaland in die mees noordwestelike hoek van Suid-Afrika net suid van die mond van die Oranjerivier. Die gebied om die dorp bevat die rykste neerslae alluviale (spoel-) diamante ter wêreld. Gestig in 1925 nadat James Alexander koper op vragskuite hierheen laat dryf het om op skepe in die baai te laai. Ná die ontdekking van die diamantneerslae word dit die sentrum van staatspoeldelwerye. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 2,066 (1,305 Blankes).

Die fabelagtige ryk voorrade diamanthoudende grond is in 1926 deur dr. Hans Merensky daar ontdek. Op een dag in Januarie 1928 is 500 diamante in die Merensky-kleims alleen aangetref en daardie jaar was die produksie van alluviale diamante in Suid-Afrika, hoofsaaklik uit hierdie dele, £11 miljoen werd. Die staat het beslag gelê op die gebied met die uitsondering van ’n paar Merensky-kleims en ontgin dit nou met die oog op die stabiliteit van diamantpryse deur voorkoming van oorbemarking.

Die mees algemeen aanvaarde teorie is dat die oorsprong van die diamante iewers in die binneland is waarvandaan hulle deur die Oranjerivier uitgespoel is en toe deur seestrome en getye teen die kus uitgebring is.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Albuquerque, kaptein Mousinho d'
Volgende onderwerp: Alexander, Morris
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:20:14 MGT 2024