Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Alberton
Alberton [boodskap #120933] So, 11 November 2018 07:02
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Alberton is 'n belangrike fabrieksdorp aan die Witwatersrand, suid van Johannesburg, 6 km (4 myl) van Germiston. Die dorp is in 1904 geproklameer en genoem na generaal Hendrik Alberts, voorsitter van die sindikaat wat die grond gekoop het waarop die dorp aangelê is. Die stadsraad is in 1939 gestig. Dit was lank bekend as een van die min dorpe waar die verkoop van drank nie vryelik toegelaat is nie weens die invloed van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Naas fabrieke vir masjinerie word houtprodukte, chemikalieë en tekstielware hier vervaardig. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 24,919 (11,350 Blankes).

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Albertinia
Volgende onderwerp: Albu, Sir George
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:29:32 MGT 2024