Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Albasini, Joao
Albasini, Joao [boodskap #120927] Sa, 10 November 2018 19:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Joao Albasini staan onder die Bantoes bekend as 'Juwawa'. Hy was 'n blanke hoofman van 'n groot groep Bantoes in die Transvaalse Republiek. Op 5 Mei 1815 in Lissabon gebore. In 1831 kom hy as handelaar na Lourenco Marques. Daar ontmoet hy die Voortrekker, Carel Trigardt, op sy trek langs die Ooskus op. Nadat hy in aanraking gekom het met die Boere, het hy in 1855 na die omgewing van Schoemansdal verhuis en in 1858 Vise-konsul vir Portugal geword. Talle Bantoes het sy beskerming opgesoek as gevolg van sy persoonlikheid en vaardigheid as jagter. In 1859 stel die Regering hom aan as Superintendent van Naturellesake. Ten spyte van die amptelike ontruiming van Schoemansdal as gevolg van koors, het by daar gebly, maar sy onvriendelike optrede teenoor die owerheid het hom in 1868 sy betrekking as Superintendent van Naturellesake gekos. In 1870 word hy egter Resident-vrederegter vir Soutpansberg. In 1888 op sy plaas, Goedewensch, oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Albakoor
Volgende onderwerp: Albatros
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:46:59 MGT 2024