Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Akasia (Leguminosae)
Akasia [boodskap #120923] Sa, 10 November 2018 19:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Akasia is 'n groot genus van struike en bome in die subfamilie Mimosoideae wat hoort tot die familie Fabaceae (die ou familienaam is Leguminosae). Akasias kom hoofsaaklik in Afrika en Australië voor. Hulle blare is dubbelveervormig saamgestel met klein tot baie klein veeragtige blaartjies. Die blomme is donserig, geel of wit, dikwels in klein ronde of verlengde hofies wat na poeierkwassies lyk.

Die inheemse akasias het dorings (stekels) terwyl die wat uit Australië ingevoer is doringloos is. Die uitheemse bome wat genaturaliseer geraak het sluit in: die wattel-, swarthout- en rooikransboom. Laasgenoemde 'n plaag wat nou wild in Suid-Afrika voorkom en as indringerplant geklassifiseer is.

Onder die 40 of meer Suid-Afrikaanse Akasia spesies, wat hoofsaaklik in die Laeveld en droër gebiede voorkom, is daar die volgende:

Soetdoring (Acacia Karroo). 'n Kleinerige boom gewapen met sterk dorings van twee tot 3 duim. Algemeen oor die grootste deel van Suid-Afrika, selfs in die Hoëveld, waar die geel blomme se geur die lug vul. Die hout is goed vir vuurmaak, maar nie duursaam genoeg vir ander gebruike nie. Die bas kan vir looiery gebruik word. Die gom maak lym van goeie gehalte.

Kameeldoring (A. giraffaë). Dit is 'n groot boom waarvan die top uitsprei. Algemeen in Griekwaland-Wes. Die blare en peule word deur kameelperde en koedoes gevreet ten spyte van die skerp dorings aan die basis van die blaarstingels. Die boom lewer swaar, harde timmerhout.

Die anaboom (A. alkida), is nog 'n groot boom wat tot 50 voet hoog word. Dit het 'n gladde wit bas en dra hoogs voedsame, byna sirkelvormige peule. Dit is algemeen in die Krugerwildtuin, Zoeloeland, Suidwes-Afrika, en elders in die trope. 'n Sierlike groepie anabome 9 myl noordwes van Potgietersrus is tot nasionale monument verklaar en staan bekend as 'Livingstone's Trees' (hoewel dit te betwyfel is of hy dit ooit gesien het).

Die rank-wag-n-bietjie (A. ataxacantha) is 'n sterk klimop of ylgroeiende struik, opsigtig in die herfs vanweë sy helderrooi peule. Dit kom in tropiese Oos-Afrika, Oos-Transvaal en Natal voor en groei dikwels in 'n digte bos.

Die 30 voet hoë haak-en-steek (A. heteracantha) met sy plat top is die boom wat die meeste gebruik word om bosveld plantegroei aan te dui. Dit het klein diggepakte blare, en sowel hake as lang wit dorings. Dit dra soetgeurige wit blomme.

Die knoppiesdoring (A. migrescens) is een van die algemeenste bome in die droë gebiede en groei dikwels alleen in lang gras. Dit is heeltemal bladwisselend en staan maande lank sonder 'n enkele blaar. Die wit blompunte verskyn voor die blare. Dit het sterk teruggekromde dorings en kan maklik uitgeken word aan die doringknoppe aan die stam. 'n Mooi donker hout wat dikwels gebruik is om jukskeie mee te maak.

Die koorsboom of koorsakasia (A. xanthophloea) is 'n groot bladwisselende boom met geurige geel blomme. Sy liefde vir moerasagtige, ongesonde plekke het aanleiding gegee tot sy naam. Dit het 'n geelgroen stam en poeieragtige bas.

Die belangrikste van die eksotiese akasias is die swart wattel (A. mollisima) waarop die looibasbedryf gebaseer is. 'n Snelgroeiende boom wat die beste aard in die misgordel, 3,000 voet of meer bokant seespieël).

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ais-Ais
Volgende onderwerp: Albakoor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:55:01 MGT 2024