Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Agulhasbank
Agulhasbank [boodskap #120921] Sa, 10 November 2018 19:12
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Agulhasbank is 'n stuk van die see aan die suidkus van Suid-Afrika. Dit is 'n uitloper van die kontinentale bank van Afrika suid van Kaap Agulhas. Die Atlantiese Oseaan en Indiese Oseaan ontmoet mekaar op die bank. Dit strek vanaf Struisbaai tot by Oos-Londen. Die bank is vlak en daal tot 200 m diep en strek 300 km die see in. Die 100-vademlyn word as soms sy buitenste grens geneem. Dit is ’n betreklik belangrike visveld, waarvan die ontwikkeling in die jare 1890 begin het. Wat visproduksie betref, staan dit egter ver agter by die Weskus.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Agulhas, Kaap
Volgende onderwerp: Ais-Ais
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:24:45 MGT 2024