Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Agulhas, Kaap
Agulhas, Kaap [boodskap #120920] Sa, 10 November 2018 19:11
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kaap Agulhas is die mees suidelike punt van die kontinent Afrika (die Suidelikste Kaap in Afrika). Dit is 26 myl van Bredasdorp geleë. Die naam is afgelei van 'n Portugese woord wat 'Naalde' beteken op grond van die eienaardige rotsformasies wat ver in die see strek en gevaarlik is vir skepe. 'n Dorp is daar naby aangelê.

As gevolg van baie skipbreuke is 'n ronde vuurtoring, 27 meter hoog, in 1849 opgerig. Dit was aanvanklik 12 miljoen kerskrag sterk en 17 meter ver sigbaar. Die vuurtoring is later versterk tot 18,000,000 kerskrag.

Die bekendste van die wrakke daar is dié van die Birkenhead wat op 26 Februarie 1852 ’n bedekte rif getref het. Van die bemanningslede en soldate aan boord het 444 die prooi geword van die stormagtige see en haaie terwyl elke vrou en kind met behulp van die twee beskikbare bootjies gered is.

Die meridiaan van Kaap Agulhas (20° O.) word as die grens tussen die Atlantiese en die Stille Oseaan aanvaar, alhoewel die invloed van laasgenoemde met sy warm seestroom tot in Valsbaai merkbaar is.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Agulhas
Volgende onderwerp: Agulhasbank
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:23:26 MGT 2024