Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Agttien-Twintig-Setlaars (1820-setlaars)
Agttien-Twintig-Setlaars [boodskap #120917] Sa, 10 November 2018 18:53 na volgende boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die 1820-setlaars was 'n groep Britse pioniers wat hulle aan die Kaapse Oosgrens gevestig het. Die rede vir hulle uitkoms was tweevoudig: gedeeltelik weens die ellende wat na die Napoleontiese Oorloë in Brittanje geheers het, en gedeeltelik as gevolg van die begeerte van die Koloniale owerheid om 'n doeltreffende verdediging vir die leë streke in die Kolonie te verskaf.

Voorbereidings vir die skema het in 1819 begin hoewel 'n paar vroeëre geselskappe hulle reeds in Clanwilliam gevestig het. Die Britse minister van finansies, mnr. Vansittart, het 'n bedrag van £50,000 van die parlement verkry om die skema te finansier. Meer as 90,000 mense het om passaat aansoek gedoen. Daarvan is 4,000 gekies, bestaande uit 2,415 mans en 1,585 vroue. 'n Aantal onafhanklike setlaars het ook uitgekom en dit het die totaal op byna 5,000 te staan gebring. Hulle is verdeel in 60 geselskappe en was 'n geweldige toevoeging tot die baie klein blanke bevolking aan die Kaap. Dit het toe uit 47,000 mense bestaan waarvan 4,000 van Britse afkoms was. Die skepe het geseil van Londen, Portsmouth, Liverpool, Bristol en Cork. Die meeste van die setlaars was van 'n goeie klas en het lede van vooraanstaande families ingesluit. Die eerste skip wat in Algoabaai aangekom het op 9 April 1820 was die Chapman, terwyl die laaste die Duke of Marlborough was wat teen die einde van Junie anker gegooi het. Grond is verskaf en verskeie nuwe nedersettings, insluitende Bathurst, het ontstaan. Baie van die vroeë setlaars het in uiters moeilike omstandighede geleef en in 1823 is 'n hulpfonds vir hulle in die lewe geroep. Die meeste van hulle het hulle egter suksesvol aangepas, indien nie op die grond nie dan in die dorpe, en het 'n onberekenbare bydrae gelewer tot die ontwikkeling van Suidelike Afrika.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Re: Agttien-Twintig-Setlaars [boodskap #120918 is 'n antwoord op boodskap #120917] Sa, 10 November 2018 19:08 Na vorige boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Agttien-Twintig-Setlaarsvereniging is aanvanklik gestig om die eeufees van die 1820-setlaars te vier. Die doelstelling van die Vereniging was om die immigrasie van goedgekeurde setlaars, veral boere, na Suid-Afrika aan te moedig. Sedert sy stigting in 1920 het dit meer as 50,000 nuwelinge gehelp.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Agtertang
Volgende onderwerp: Agulhas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:07:36 MGT 2024