Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Twee gedigte van FERDI GREYLING
Twee gedigte van FERDI GREYLING [boodskap #8062] Sa, 18 Januarie 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
STIL-LEWE
Ferdi Greyling

hy word die gewoonte van elke dag
hy drink koffie, lewe sy lewe
in die geraamte van sy glimlag
en speel met die sterfgevalle van sy hande

hy raak versoen met sy kruis
en raak een met christus
wat daagliks rooi angeliere
op lasarus se graf gaan sit

WEEKLAG VAN DIE FASCISTIESE FLIEKGANGER

Toe jy nog die ster van my dae was,
was elke dag 'n full house.
Jy was 'n kommersie"le sukses.
Jy het 'n kritikus aan jou voete gehad.

Saam was ons 'n musical,
'n komedie,
en 'n serious fliek.
Alles in een.

Jy het die fees van my hart gewen.
Jy was kommentaar op my tyd.

Jy was die twist aan die einde.

Ek het nog geskaterlag van vreugde
net voor die moordtoneel.
Net voor die vryheidsvegters in die agterste ry
opgestaan het
en alles stukkend geskiet het
- skerm, projektor, draaiboek - die hele works.

Jy en die lewe het julle loop geneem.
Die fliek moes toemaak.
Die gebou is gesloop.

En nou sit ek hier
tussen my onderdanige woorde.

'n Sukkelende fascis.
Uitgelewer aan die glinsterende wind
en die fluisterende weer.


(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: NP van Wyk Louw in Engels
Volgende onderwerp: Re: "Trans-vaal" deur PETRA MULLER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 23:12:40 MGT 2024