Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die donker in die noordelike halfrond
Die donker in die noordelike halfrond [boodskap #7708] Sa, 23 November 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hier in die noordelike halfrond gaan ons nou in die twee
donkerste maande van die jaar in, een maand aan elke kant
van die midwinter-sonstilstand. Die son gaan by ons in Oos-
Ontario kort na vier-uur onder. Teen vyf-uur is dit pikdonker.
Oor nog 'n maand is dit kwart-voor-vyf al pikdonker. Dan
begin die dae kort voor Kersfees elke dag effentjies langer
word, en teen die einde van Januarie kan ons dit begin merk.

Ons het natuurlik nou kalenders om vir ons te sê wanneer
hierdie dieper en dieper in die donkerte ingaan sal ophou, en
wanneer ons kan verwag dat die dae weer sal begin langer
word. Duisende jare gelede het hulle nie hierdie tegniese infor-
masie gehad nie. Hulle moes dus op 'n ander manier uitvind
wanneer die langste nag van die jaar daar is, wanneer die lig
weer sy terugtog begin. In Engeland het hulle byvoorbeeld 'n
"notch" ('n mensgemaakte driehoek) in die heuwel gemaak.
Met die observasies van die posisie van die son kon hulle so
bereken wanneer die midwinter-sonstilstand bereik is, en die
lig dus begin om terug te keer. Dis daarom dat daar so baie
plekke in Engeland is met die woord 'notchê daarin. In die
noordoostelike V.S.A. het hulle ook baie plekname met "notch"
daarin, maar daardie kepe in die berge is natuurlik nie mensge-
maak nie.

Ek weet nie wat die ou mense gedoen het om die donkerte
te bekamp nie. Maar deesdae doen hulle hier in Noord-Amerika
iets baie mooi en effektief. In die eerste week van Desember be-
gin mense hulle huise versier met elektriese ligte. Somtyds is dit
net 'n string teen die dak. Somtyds is ook die bome en die hek-
kies vol ligte. Dan is daar natuurlik die mense wat heeltemal oor-
boord gaan en ingewikkelde tonele op hulle voorwerwe het. So
net voor Kersfees begin 'n mens in woonbuurtes inry wanneer
dit donker is net om na die liggies te kyk. Noord-Amerikaners
kyk kersfeesliggies soos die Japannese na bloeisels gaan kyk.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: 'n Wintergedig van D.J. Opperman
Volgende onderwerp: Re: s there intelligent female life here? :-)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 08:48:33 MGT 2024