Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n Gedig oor die dood - deur DONALD RIEKERT
'n Gedig oor die dood - deur DONALD RIEKERT [boodskap #7666] Sa, 16 November 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Donald Riekert vind sy dig-omgewing in die
somtyds dorre gebiede van die noordwestelike deel
van Suid-Afrika. Hier volg 'n gedig van hom oor
die dood:

WEGWEES

Sou ook eendag
die wegwees verbyskuif
soos wolke bo
kameeldorings en
lappe lappe soetgras
'n paar druppels
uit 'n losbui aflaai
en dan vort op die wind
die grysblou lug in
sonder hoop
net maar 'n spatsel
koel skaduwee
wat wegraak

As iemand wat die noordwestelike Kaap se
hittige somers in haar jeug ondervind het, weet
ek watter spesiale kwaliteit skaduwees in daar-
die halfwoestyndele het. Skaduwees was meer
as net die afwesigheid van die son. Skaduwees
het 'n outoriteit gehad, skaduwees het gewag vir
jou met 'n boodskap dat daar dinge in die heelal
is wat konstant is, al wissel die tye van die dag
en van die seisoene. Dit ontroer my dat Riekert
die skaduwee gebruik om die mens se verblyf op
hierdie aarde te beskryf.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: 'n Gedig van P. J. PHILANDER
Volgende onderwerp: 'n Gedig van PIROW BEKKER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 21:09:08 MGT 2024