Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n Gedig van P. J. PHILANDER
'n Gedig van P. J. PHILANDER [boodskap #7647] Wo, 13 November 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Op 25 November vier P J Philander sy 75ste
verjaarsdag. Hier volg 'n gedig van hom.

SKEPPING

Die eerste dag het hy 'n kluitjie glas
vir sy blaaspyp uit die oond gehaal
en volgens plan met een asemstoot
dit in 'n wereld omskep op sy leervoorskoot.

Vervolgens visse, voels, in die see, in die lug
met die fynste snywerk onder sy tug
gebring en alles wat loop en kruip
vreedsaam by dieselfde pan laat suip.

Die sesde dag 'n sterk figuur
na sy eie beeltnis uit die vuur
met blaaspyp en stafie glas
tussen die dye laat was.

Alle onsuiwerhede in die sand
op die sewende dag in die vuur verbrand
en in die doodse stilte van sy saak
oor grootser planne aan droom geraak.

Dit ontroer my altyd so wanneer daar gesê word
dat die mens in die beeltnis van God gemaak is.
Die implikasie is dan dat ons ook deel van God
aanskou, wanneer ons die mens aanskou. Dit ont-
roer my dat Liefde (in die vorm ook van caritas,
nie net amor nie) deel van die skepping is. Nie net
as 'n intellektuele konsep nie maar, soos Teilhard
de Chardin dit wil sien, 'n phylum in die ewolusie
van die mensdom.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: 'n Gedig van ANTJIE KROG
Volgende onderwerp: 'n Gedig oor die dood - deur DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 07:30:58 MGT 2024