Gesellig Afrikaans
Waar ons vriendelik en gesellig saam verkeer!

Tuis » Algemeen » Kennisgewings » Huisreëls (Geniet jouself, maar hou asb. die volgende in gedagte.)
icon1.gif  Huisreëls [boodskap #2] Sa, 19 Mei 2018 12:01
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 15
Geregistreer: Mei 2018
Junior Lid
Administrateur
Hallo en weereens baie welkom by gesellig.co.za! Ons hoop jy kuier lekker en geniet jouself gate uit. Ter wille van ordelikheid moes ons egter op 'n paar reëls aandring. Mad

Die volgende kan ongelukkig nie toegelaat word nie:
  • Enige vorm van gemorspos of haatpos.
  • Onnodige, ongevraagde belediging of belastering van 'n persoon buite die omvang van 'n driftige debat.
  • Aggressiewe gedrag wat buite die aanvaarde norm van die deursnee-gebruiker se sosiale milieu val.
  • Opmerkings wat voor-die-handliggend rassisties of seksisties voorkom (m.a.w. haatspraak).
  • Enige poste waarvan die gees daarvan in die opinie van die Administrasie voorkom om Anti-Afrikaans te wees.
Ons sal geen standpunt inneem teen die volgende op die forum nie:
  • Politiese opinies (links of regs).
  • Godsdiens en sake van geloof.
  • Morele waardes en persoonlike standpunte.
  • Suiwerheid van die taal en keuse van taalgebruik.
Gesprekke sal nie gesensor word nie, behalwe as dit die hoofdoel van die webwerf benadeel.

C.J. Langenhoven -
Verdra die teëstander. Al het hy nie reg met sy verskil nie, hy het die reg om te verskil.
Vorige onderwerp: 'n Blik op die Afrikaanse web
Volgende onderwerp: Welkom by Gesellig.co.za
Gaan na forum
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Aug 21 16:26:28 UTC 2018