Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Twee in hof oor liggaamsdele
Twee in hof oor liggaamsdele [boodskap #119857] Wo, 15 Desember 2010 20:05
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Twee in hof oor liggaamsdele
2010-12-15 21:02

* Aptekers vermoor, hul lyke in veld gegooi
* Wagte se lyke op plaas gevind
* Iemand gesoek om lyk uit te ken

Durban - Twee mans sal Vrydag in die Ntuzuma landdroshof verskyn nadat
hulle met liggaamsdele in hul besit betrap is, het polisie in
KwaZulu-Natal gesê.

"Die mans is kragtens die Wet op Menslike Weefsel in hegtenis geneem,"
het polisiewoordvoerder Luit. kol. Vincent Mdunge gesê.

Die eerste verdagte is Sondag in Nongoma in hegtenis geneem nadat hy
met twee hande in sy besit betrap is.

"'n Verdere ondersoek het die polisie na KwaMashu in Lindelani gelei
waar 'n tweede man, wat beweer het dat hy 'n tradionele geneesheer is,
met 'n kop en borskas in 'n 20 liter-emmer in sy besit gevind is," het
Mdunge gesê.

Mdunge het gesê die kop was die van 'n bejaarde man en die borskas die
van 'n kind.

"Die tradisionele geneesheer het gesê die borskas is 'n tokoloshe wat
hy in 'n bos gevang het...en dat dit nie menslik is nie," het die
polisiewoordvoerder bygevoeg.

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Twee-in-hof-oor-ligga amsdele-20101215
Vorige onderwerp: Moenie Engels só aan skole opdwing nie
Volgende onderwerp: Vandag in geskiedenis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 15:33:25 MGT 2024