Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Boer eis duisende van staat ná aanval
Boer eis duisende van staat ná aanval [boodskap #119847] Wo, 01 Desember 2010 13:44
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Boer eis duisende van staat ná aanval
2010-12-01 09:10

Frans Coetzee
Volksblad

Kimberley – ’n Boer van Richmond, wat drie jaar gelede na bewering
ernstig deur twee plaaswerkers in sy plaashuis aangerand en boonop
strafregtelik vervolg is, eis byna ’n halfmiljoen rand van die
minister van polisie en die nasionale direkteur van openbare
vervolging.

Piet Schrooder (67) van die plaas Wolwekraal, Richmond, het die
gesamentlike eis weens onregmatige inhegtenisneming en aanhouding
(R150 000) en kwaadwillige vervolging (R319 904,80) ingedien.

Volgens die besonderhede van vordering kom die eis nadat Schrooder op
30 Oktober 2007 na bewering sonder ’n lasbrief op Richmond in hegtenis
geneem is.

Die inhegtenisneming het Schrooder se eer en waardigheid aangetas. Hy
het sielkundige trauma ervaar. Hy het algemene skade van R150 000 gely
waarvoor die polisie aanspreeklik is.

Op 15 Mei 2008 het lede van die direktoraat van openbare vervolging
(DOV) in die Noord-Kaap kwaadwillig en onregmatig die regsproses in
werking gestel om opdrag aan ’n aanklaer te gee dat Schrooder in die
streekhof op ’n aanklag van poging tot moord (op die plaaswerkers)
vervolg word.

Hiervoor is die DOV vir skadevergoeding van R319 904 aanspreeklik.

Schrooder is op 12 Desember 2008 op die aanklag van poging tot moord
onskuldig bevind.

Schrooder het in ’n verklaring gesê hy het Saterdag 13 Oktober 2007
omstreeks 18:00 ’n geraas buite die plaashuis gehoor. Toe hy die
sifdeur oopmaak, het hy twee mense op die grasperk gewaar.

’n Sprinkelbesproeier is na hom gegooi. Hy het een skoot bokant hul
koppe afgevuur. Hy het ’n slaappil gedrink en gaan slaap. Sy rewolwer
was op die bedkassie.

In die nag het Schrooder wakker geskrik. Hy het die plaaswerkers Karel
Peer en Stefanus Januarie voor die bed gewaar. Karel het vyf skote met
Schrooder se rewolwer afgevuur.

Die twee werkers het hom geskop en geslaan. Hulle het gevlug toe hy
die rewolwer gryp.

’n Ernstig beseerde Schrooder het tot die volgende oggend op die bed
gelê. Hy het toe ontdek 37 ruite is uitgeslaan. Die huis was in ’n
warboel. Sowat R500, ’n halfdosyn tjekboekblaaie en sy Toyota Hilux-
bakkie was weg.

Luidens die dokter se verslag het Schrooder verskeie skaafwonde,
kopwonde, kneusings en dieper wonde opgedoen wat by geweld en
aanranding inpas.

Die verdagtes is in hegtenis geneem, maar die klagte van poging tot
moord en huisbraak en diefstal teen hulle is later teruggetrek.

’n Klag van poging tot moord is teen Schrooder ingedien.

Harry Rich, Schrooder se prokureur, het gister in kruisondervraging
getuig Schrooder kon weens sy beserings nie in ’n polisiesel geplaas
word nie.

Schrooder is wel in opdrag van die aanklaer op 30 Oktober 2007 van
08:00 tot 12:30 in die polisiekantoor en selle by die landdroskantoor
op Richmond aangehou voordat hy op borgtog vrygelaat is.

Op 14 Mei 2008 het die DOV vir Schrooder in kennis gestel dat hy
vervolg word.

Rich het later verneem die aanklagte teen die twee plaaswerkers is
teruggetrek.

Rich was Schrooder se regsverteenwoordiger toe hy op 12 Desember 2008
in die streekhof vrygespreek is.

Adv. Sharon Erasmus tree in opdrag van Len Coetzee van Kimberley vir
Schrooder op.

Adv. N. Gaisa tree in opdrag van die staatsprokureur vir die twee
verweerders op.

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Boer-eis-duisende-van -staat-na-aanval-20101130-2
Vorige onderwerp: Vandag in geskiedenis
Volgende onderwerp: Moenie Engels só aan skole opdwing nie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 09:01:45 MGT 2024