Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Swart Moordenaar 20 jaar tronk toe
Swart Moordenaar 20 jaar tronk toe [boodskap #119710] So, 23 Mei 2010 16:38
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Moordenaar 20 jaar tronk toe

2010-05-21 00:45
Jana van der Merwe

’n Jong man wat die geliefde mev. Thyrza Lombard (77) van Clarens in
2009, na bewering saam met twee vriende, vasgehou en met ’n skoenveter
verwurg het, is op aanklag van moord skuldig bevind en tot tronkstraf
van minstens 20 jaar gevonnis.

Mnr. Tshokolo David Mashinini (21) het gister in die Vrystaatse
rondgaande hof op Bethlehem, in die teenwoordigheid van adv. Jackie
Steytler, namens hom, en adv. Silas Chalale, aanklaer, ’n pleit- en
vonnisooreenkoms onderteken waarin hy altesaam tot ’n minimum van 20
jaar tronkstraf gevonnis is.

Die vonnis is deur regter Fouché Jordaan van Bloemfontein opgelê.

Die inbraak en moord het die nag van Sondag 8 Februarie 2009 in
Lombard se huis op die dorp plaasgevind.

Slegs haar selfoon is gesteel.

Mashinini het erken dat hy Lombard oorweldig het en dat dit sy
linkerkantste tekkieveter was wat gebruik is om haar dood te wurg. Hy
het tot dusver saam met sy vermeende medepligtiges, mnre. Bongani
Steven Mokoena (19) en Matjibedi David Mohloana (20) van Kgubetswana,
Clarens, tereggestaan op aanklagte van moord, asook huisbraak met die
opset om te roof en roof met verswarende omstandighede.

Mashinini is tot 12 jaar weens die huisbraak en roof gevonnis wat
samelopend met die 20 jaar weens die moord op Lombard uitgedien moet
word.

Mokoena en Mohloana, wat nog nie gepleit het nie, se saak is tot die
week van 26 tot 30 Julie uitgestel. Mashinini en die ander twee
verdagtes is slegs drie uur ná die ontdekking van Lombard se lyk deur
kapt. Koos Els en insp. Jacob Khumalo van die Valke op Phuthaditjaba
in hegtenis geneem.

Hy het volgens die klagstaat op die dag van die moord saam met sy
vriende by die Hunters Pub in die township gekuier en gedrink. Dit was
donker toe hulle besluit het om by Lombard, wat alleen gewoon het, te
gaan inbreek Lombard, wat reeds geslaap het, het glo wakker geword en
die lig aangesit.

Waterdigte bewyse teen Mashinini het onder meer DNS ingesluit wat
onder Lombard se vingernaels was. Sy het hom in sy gesig gekrap terwyl
sy haar teen hom, en glo ook teen die ander twee aanvallers, verset
het.

Lombard, wat as ’n “samaritaan” beskryf is, het op menige geleenthede
vir Mashinini en die ander twee beskuldigdes met kos en klere gehelp.

Vriende vertel sy het haar altyd oor die Kgubetswana-gemeenskap
ontferm. Mashinini, wat slegs gr.7 en ’n biologiese ma het, het aan
Volksblad gesê hy is jammer – dit was nie sy bedoeling dat Lombard
moes sterf nie.

- Volksblad
( http://www.feedblitz.com/t2.asp?/84250/14048670/3840124/http ://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Moordenaar-20-jaar-tro nk-toe-20100520
)
Vorige onderwerp: Wees realisties oor wat aan die gang is
Volgende onderwerp: ‘Die bloedbad kom weer...’
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 16:51:48 MGT 2024