Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Wees realisties oor wat aan die gang is
Wees realisties oor wat aan die gang is [boodskap #119708] So, 23 Mei 2010 16:32
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Wees realisties oor wat aan die gang is

deur Jack Braxton
2010-05-21 18:46

Hierdie is alles deel van die meesterplan van die ANC, of ons dit wil
weet of nie.

Die vraag is net: Wil ons regtig die pad van Zimbabwe en die res van
Afrika loop?

Alles is reeds in plek vir so ’n aanslag.

Die mag lê aan die kant van die regerende party, ontwapening is ver
gevorder, die jeug word nou opgelei in “dissipline” met wapens, en
alle bronne om so ’n aanslag te voed, is in regeringshande. Ons moet
iets prysgee om iets te behou.

Of dit ’n lekker pil is om te sluk, is nie die vraag nie.

Ek dink ons as Suid-Afrikaners, wat net so swaar gekry het om ’n
plekkie in die son te kry, moet ook realisties wees oor wat aan die
gang is. Dit het niks met pessimisme te make nie.

Realisme berei ons bloot voor om ons beplanning in plek te kry.

Ek twyfel sterk of die regering en sy volgelinge hulle enigsins steur
aan die normale etiek van besigheid en hoe ’n mens wins maak.

Die stropery van die staatskas gaan voort en die feit dat die land in
’n hongersnood gaan beland, is vir hulle van minder belang solank die
doelwitte van uhuru bereik word.

Afrika maak staat op die hulp van China, wat reeds baie in Afrika belê
het.

China het natuurlik ook sy eie agenda in dié verband.

Jack Braxton
Springbok

Oorsprong:Die Burger
(
http://www.feedblitz.com/t2.asp?/84250/14048670/3840124/http ://www.dieburger.com/MyDieBurger/Briewe/Wees-realisties-oor- wat-aan-die-gang-is-20100521
)
Vorige onderwerp: Honderde daag op by boer se roudiens
Volgende onderwerp: Swart Moordenaar 20 jaar tronk toe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 10:29:53 MGT 2024