Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Honderde daag op by boer se roudiens
Honderde daag op by boer se roudiens [boodskap #119707] So, 23 Mei 2010 16:31
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Honderde daag op by boer se roudiens

2010-05-21 22:14
Nicolize van der Walt

Parys. – Honderde mense het gistermiddag opgedaag vir die begrafnis
van die boer van dié omgewing wat verlede Saterdag by sy plaashek in
die Buffelshoek-omgewing hier doodgeslaan en daarna met sy eie bakkie
aan ’n tou gesleep is.

Mnr. Johan Strydom (40), wat skaars ses weke ná sy 40ste verjaardag
grusaam vermoor is, is gister uit die Nederduits Hervormde kerk op dié
dorp begrawe.

Soveel mense het vir die roudiens opgedaag dat nóg stoele die kerk
ingedra moes word.

Kort voor 14:00 gister het vriende en familie wat steeds nie ’n
sitplek kon kry nie by die kerk se deure en in die voorportaal na dr.
Frikkie Labuschagne, leraar, se begrafnisrede geluister.

“Ek weet nie waar om te begin nie. Hoe praat ’n mens oor seer, rou,
spanning, verlies, verlange, aggressie? Hoe pen ’n mens dit neer? Hoe
formuleer ons sin en konteks uit Johan se skielike, grusame dood? Sy
dood herinner ons dat die lewe kortstondig en tydig is,’’ het
Labuschagne, wat ook ’n vriend van Strydom was, gesê.

Rou snikke het by tye in die kerk opgeklink en Labuschagne moes self
soms teen die trane veg. Hy het na Strydom as “?’n vriend van die
gemeenskap” verwys.

“Johan het ons geleer om die lewe te vier. Hy het met unieke en
tasbare liefde geleef. Dit lyk nou of die dood die lewe oorwin, maar
dis nie waar nie. Die dood is die begin van die heiligste ontmoeting
met Jesus Christus,’’ het Labuschagne gesê.

Strydom is deur sy twee swaers, twee susterskinders en twee vriende na
sy graf gedra.

Sy kis was met onder meer heldergeel sonneblomme en sterlitzias
versier.

Sy twee susters, mevv. Sarie Brits en Susan Lombard het hard-op gesnik
terwyl hul enigste broer se kis afgesak het.

Begrafnisgangers het huilend, in lang toue, hul beurt afgewag om
roosblare op sy kis te strooi.

Familie en vriende het daarna die graf toegegooi.

Oorsprong:Beeld
(
http://www.feedblitz.com/t2.asp?/84250/14048670/3840124/http ://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Honderde-daag-op-by-boer-s e-roudiens-20100521
)
Vorige onderwerp: Weermagopleiding vir Malema en sy bestuur laat die wenkbroue lig
Volgende onderwerp: Wees realisties oor wat aan die gang is
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 08:35:52 MGT 2024