Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Al vier bande van sy motor glo flenters geskiet
Al vier bande van sy motor glo flenters geskiet [boodskap #119461] Di, 30 Maart 2010 19:27
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Mnr. Miles Orbell verduidelik hoe sy motor deur Ekurhuleni se
metropolisie vol gate geskiet is nadat hy glo nagelaat het om by ’n
stopstraat stil te hou. (Foto: Bongiwe Gumede)

2010-03-27 16:32

Johan Eybers

Hy het gedink dit is ’n motorkaping toe daar op hom geskiet word, want
daar was geen sirene nie, net flikkerende ligte van ’n voertuig agter
hom.

Die skote het blykbaar begin klap toe mnr. Miles Orbell, ’n 53-jarige
oud-vlieënier, Maandagoggend oor ’n stopstraat in die afgeleë
Bapsfontein-gebied aan die Oos-Rand in Gauteng gery het.

Toe al vier sy motorbande flenters geskiet is en ’n patroon in sy
sitplek beland, het Orbell so groot geskrik dat hy oor ’n stuk veld
gejaag het om veilig by die Barn Stormers-klub uit te kom waar sy seun
Kallum (23) die oggend aan die nasionale kampioenskap vir
radiobeheerde vliegtuie deelgeneem het.

Dit was eers toe hy in die parkeerterrein van die klub stilhou en voor
sy seun en klublede geboei is, dat Orbell besef het hy is deur
Ekurhuleni se metropolisie agtervolg wat op hom geskiet het toe hy nie
vir hulle wou stop nie.

“Ek is rondgestamp, daarvan beskuldig dat ek as ’n wit persoon dink
dat ek kan doen net wat ek wil en vir ’n misdadiger uitgekryt.”

Eers 12 uur later is hy uit die Olifantsfontein-polisiekantoor se
selle vrygelaat nadat mnr. Howard Dembovsky van die Justice Project
South Africa (JPSA), ’n organisasie wat hom vir motoriste se regte
beywer, tussenbeide getree het.

“Ek was in ’n gebied wat bekend is as ’n kapingsbrandpunt en ek het
gedink ek word deur kapers agtervolg. Ek is ’n wetsgehoorsame burger
en ’n versigtige motorbestuurder met geen misdaadgeskiedenis nie.

“Die hele affêre het my geweldig geskok. Ek kan nou nie slaap nie en
ek het geen meer vertroue in wetstoepassers nie,” sê Orbell.

- Rapport
( http://tinyurl.com/ylzurhl )
Vorige onderwerp: Pa, seun koes vir koeëlreën
Volgende onderwerp: Wetstoepassers teister al meer, is baie aggressief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 07:52:10 MGT 2024