Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mense, word wakker en ruik die rose!
Mense, word wakker en ruik die rose! [boodskap #119457] Di, 30 Maart 2010 19:16
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
deur Tina van der Walt van Groenkloof

2010-03-28 22:08

In reaksie op Neels Jackson se artikel verlede week: Hy sê ons moet
onsself nie ’n rat voor die oë laat draai dat dinge erger is as wat
dit regtig is nie.

Hy sê ook dat die persepsie-probleme waarmee baie Afrikaanse mense
juis vandag sit, is omdat die koerante nie in die 1980’s vir hulle
vertel het wat regtig in die land gebeur nie.

Ek stem saam: As die koerante alles moes vertel wat werklik gebeur
het, sou geen regdenkende mens sy wapen vrywillig by die polisie
ingegee het nie.

As die koerante alles vertel het, sou meer mense lankal uit hul gemak­
sones en staat van ontkenning gekom het.

Hulle sou beslis geen “persepsie-probleme” gehad het om te sien dat
Suid Afrika reeds ’n mislukte staat is nie.

Hy verwys terug na die “goeie dae”, wat eintlik maar ’n kookpot was
wat gewag het om te ontplof.

Ja, Neels, as jy lank genoeg ’n leuen herhaal, begin jy dit later self
glo. Jy weet self die ANC doen dit ook altyd.

Al die jare is ons in die pers gebombardeer met die feite dat
apartheid so sleg was; dat ons moes mag oorgee aan die ANC om ’n
ongekende bloedbad te verhoed.

Word wakker en ruik die rose!

Gelukkig het die heer Julius ’n klomp van die slapendes met ’n skok
laat wakker skrik.

Afrikaners gaan hulself moet geestelik voorberei op die ergste.

Dit gaan kom soos ’n dief in die nag. En terloops, ek maak geen
verskoning daarvoor dat ek uiters pessimisties – of sal ek sê
realisties – is nie.
( http://tinyurl.com/yzy22d2 )
Vorige onderwerp: Gedicht van Elisabeth Eybers op YouTube
Volgende onderwerp: ‘Jy moet mooi na Mamma kyk ...’
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 15:18:53 MGT 2024