Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » ‘Die wêreld moet weet van dié polisiegeweld’
‘Die wêreld moet weet van dié polisiegeweld’ [boodskap #119441] Wo, 24 Maart 2010 10:09
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2010-03-20 23:29

Marlene Malan

Sowat 20 lede van die Tshwane-metropolisie in Pretoria het op haar
toegesak, haar rondgepluk, hardhandig vasgedruk en allerlei
beledigings toegesnou.

Dié polisiegeweld weens haar beweerde parkeeroortreding is op
kringtelevisiekameras vasgevang en beeldmateriaal van dié voorval is
verlede Sondag op die televisieprogram Carte Blanche vertoon.

Die wêreld moet weet van die fisieke en verbale geweld wat sy op 30
November verlede jaar in die Pretoriase middestad onder die
stadspolisie gely het, het me. Magdel Steyn (24) aan Rapport gesê.

Die beeldmateriaal, wat deur AfriForum bekend gemaak is, sal as
bewysstuk dien in ’n siviele eis wat Steyn en haar ma, mev. Annamarie
Steyn, van die Oos-Rand teen die Tshwane-metropolisie gaan instel.

Onder die klagte tel polisie­bru­ta­li­teit, onregmatige
inhegtenisneming en menseregteskending.

Die verbale misbruik was net so erg as die fisieke polisiegeweld, het
’n steeds geskokte Steyn jr. gesê.

“Ek is rondgeruk, hardhandig vasgedruk en 15 uur lank in ’n tronksel
sonder kos of water aangehou. My ma is van my af weggestamp, gedwing
om kilometers te stap, duisende rande het uit ons kar verdwyn, en ons
kar en besittings is beskadig.

“Maar wat die ergste is, is dat ek ‘wit gemors’ genoem is – ’n ‘wit
koei’, ’n ‘rassis’, ’n ‘moordenaar’, wat ‘omdat ek wit is van beter
moes geweet het’.

“’n Vroulike polisiebeampte het gesê sy sal my ‘laat ly’ en nog een
dat dat ek ’n ‘cheeky wit meisietjie’ is.” En: “Ons moet wit
misdadigers soos jy van die pad af kry voor die Wêreldbekersokker-
toernooi.”

Steyn jr. vertel sy het dié dag twee keer om die blok van Esselen- en
Meintjiesstraat in Sunnyside gery nadat sy Steyn sr. afgelaai het.

Steyn sr., wat moeilik loop weens ’n knieprobleem, sou binne minute
terug wees.

“Ek kon nêrens parkeerplek kry nie en ek kon my ma ook nie ver terug
kar toe laat loop nie. Ek het voor twee motors wat reeds in
Meintjiesstraat dubbel geparkeer was, gaan staan.

“My kar was nooit afgeskakel nie; die noodligte was aan. Ek was nooit
’n versperring nie.”

Eers het ’n insleepvoertuig haar probeer verwilder, waarna ’n man in
siviele drag aan haar venster kom ruk en slaan het.

Steyn jr. het verder gery, en dieselfde man het aan haar deur geruk.

“Toe ek 20 m verder agter ’n ander voertuig stilhou, was die
insleepvoertuig en ’n klomp polisiekarre binne sekondes by my.

“So 20 mense het om my kar kom staan. Eers toe het die onbekende man
sy polisiebaadjie aangetrek. Net sommige was herkenbaar as
polisiebeamptes.”

Toe sy haar ma sien naderkom na die motor om te probeer help, “het
drie mans van ‘kar vat’ en ‘arrestasie’ gepraat”.

Steyn jr. is rassistiese beledigings toegesnou en twee polisievroue
het haar teen die insleepvoertuig se bak vasgedruk en geboei.

Steyn jr. is in ’n polisiemotor “ingedwing”, haar motor is weggesleep
en Steyn sr. moes 2 km na die polisiekantoor stap.

Die beeldmateriaal toon dat Steyn jr. geen beampte met haar motor
“gestamp” het soos die metropolisie beweer nie.

Die Tshwane-metropolisie ondersoek die voorval.

- Rapport

Oorsprong:Rapport
( http://tinyurl.com/y9nmlkr )
Vorige onderwerp: Groenteboer sterf ná skote deur slaapkamerdeur
Volgende onderwerp: Aanvaller vlug toe egpaar bid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 22:09:55 MGT 2024