Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Groenteboer sterf ná skote deur slaapkamerdeur
Groenteboer sterf ná skote deur slaapkamerdeur [boodskap #119440] Wo, 24 Maart 2010 10:06
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Mnr. Koos van Staden (60), ’n groenteboer van die Kleinfontein-distrik
buite Brits, en sy vrou, Heleen (57). Hy is Vrydagaand tydens ’n
gewapende aanval op sy plaas doodgeskiet. Foto: Verskaf

2010-03-21 22:18

Virginia Keppler

Nóg ’n boer is doodgeskiet.

Mnr. Koos van Staden (60), ’n groenteboer van die Kleinfontein-
distrik, ’n wildkamp sowat 20 km buite Brits in die Noordwes, is
Vrydagnag in sy slaapkamer vermoor.

Hy is geskiet terwyl hy gespook het om sy vrou, Heleen (57), teen hul
aanvallers te beskerm.

Die deur van die slaapkamer was gesluit, maar die rowers het dit met
geweld oopgeskop. Van Staden het die deur met “al sy krag” probeer
toehou. Die rowers het in die struweling twee skote deur die kamerdeur
geskiet.

Van Staden het ook op die aanvallers geskiet, waarna hulle gevlug
het.

Mnr. Johan Booyens (55), Van Staden se swaer, het gesê mev. Van Staden
het die aand verskeie kere opgestaan nadat hul honde erg geblaf het.

“Hulle het aanvanklik niks vermoed nie omdat hulle in ’n wildkamp woon
en bokke gereeld naby die heining wei.

“Omstreeks 12:45 het die huis se alarm afgegaan en Heleen het stemme
in die huis gehoor. Die veiligheidsmaatskappy het dadelik gebel en
Heleen het gesê hulle moet ‘kom help’.

“Toe die rowers die deur oopskop, het sy en haar man dit van binne
probeer toedruk,” het Booyens vertel.

Mnr. Kobus van der Walt (29), die egpaar se buurman, was kort ná die
voorval op die toneel. Volgens hom is Van Staden geskiet terwyl sy
vrou gehardloop het om sy rewolwer te kry.

“Toe sy die rewolwer vir hom gee, het hy op die aanvallers geskiet,”
het Van der Walt vertel.

Booyens het gesê Van Staden het daarna badkamer toe gestrompel en gesê
hy “voel sleg”.

“Tóé eers het hulle agtergekom hy is raakgeskiet. Die koeël is naby sy
sleutelbeen in en agter by sy rug uit. Hy het verskriklik gebloei,”
het Booyens gesê.

Van Staden se seun Christiaan (28), wat sowat 5?km van sy pa af woon,
het hom gaan oplaai en met hom Brits toe gejaag. Hy is egter met sy
aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Volgens Booyens is die egpaar se twee honde ook vergiftig. Een is
dood.

Van der Walt sê die polisie het eers sowat ’n driekwartier ná die
voorval op die plaas aangekom. “Daarna het die honde-eenheid sowat 11
ure later opgedaag om na die verdagtes te soek.”

Supt. Lesego Metsi, polisiewoordvoerder, het gesê die aanvallers het
by ’n gat in die elektriese heining langs die kant van die huis
deurgekruip en toe die voordeur oopgedwing.

Die polisie ondersoek ’n klag van moord en mense met inligting kan die
Brits trio-taakspan kontak by 082 843 2099 of 083 361 5457.

Oorsprong:Beeld

( http://tinyurl.com/ye4ohal )
Vorige onderwerp: Julius dreig jeuggroep
Volgende onderwerp: ‘Die wêreld moet weet van dié polisiegeweld’
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 19:05:13 MGT 2024