Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Twee gedigte oor HIERONYMUS BOSCH
Twee gedigte oor HIERONYMUS BOSCH [boodskap #7453] Vr, 18 Oktober 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hieronymus Bosch van 's- Hertogenbosch (1450-
1516) se skilderye fassineer mense. Philip 11 van
Spanje het sy werke bymekaar gemaak. Dis daarom
dat die twee triptieke waarna die volgende twee ge-
digte verwys, albei in die Prado in Madrid is.
In "Die Hooiwa" se linkerpaneel swerm 'n klomp
surrealistiese insektemonsters uit die hoogte neer na
waar Eva uit Adam se rib geskep word, Adam en Eva
deur die slang verlei word, Adam en Eva uit die Para-
dys gedryf word. In die middelpaneel is daar 'n hooi-
wa, waarrondom misdaad en sonde met lus gepleeg
word. Alleen 'n engel bo-op die hooiwa kyk op na God
daarbo in die wolke. Die helpaneel op die regterkant is
'n toring van babel, vol diere wat mense jag en knaag,
vol vismonsters.

hieronymus bosch se koringwa
Johan van Wyk

die rebelse insekte swem in 'n boeg af
na die maagdrots, 'n markvrou
tussen vrugtebome, God trou
adam en eva, oproeriges word verban

na die aarde die paradys
terwyl hulle daal
kyk hulle met blitsende oë na die vrou, kaal
en dom, "dat pyn bestaan is nodig heer"

byt God se raadgewer hom in die oor,
"mag ons hulle kennis gee
dis demokraties heer, mag hulle naak
mekaar se vrugte aanraak

en vinnig die drif probeer toemaak met bak
hande, blare en lap, mag hulle pyn
hê, heer, en mag hulle inmekaar sak
in die stof, straf ons so, heer"

die hartseer engel met die swaard
jaag hulle uit, nog met skrik en slaap
in die oë, so het dit gekom dat almal loop
agter die koringwa: die nonne wat die sakke van die vet monnik

vol koring maak, 'n broer wat sy broer keel-
af sny, ministers met politieke kommentators
wat betaamlik volg en vraatsugtiges wat onder die wiele omkom
'n skare ongediertes leitrek die mensdom in die hel

dit is elke mens vir homself, met homself
selfs seks is net vir die self, die wederhelf
word in die liefdestransaksie ingedans
en "ena gee raad" psigosofeer oor wat

ons moet maak met probleme
elke heerser is 'n antichris wat omsien
na sy mense se belange en sorg dat die wa van onenigheid
nie uit sig raak nie, en niemand

behalwe 'n engel kyk op na God
op 'n wolk bo al die gewoel, in die hel
is elkeen bang hy word nie meer verkrag of gemartel nie

want, die pyn bestaan is nodig

JEROEN BOSCH
D.J.Opperman

Ydel is die wereld, maar ydeler my gees,
wat om die dertig nagte in nagmerries
van stekelige plante, voels en mens genees.

Uit ou en nuwe streke van die aarde kies
die duiwel al hoe listiger vir my, vir jou,
vir die derduisende kostuum en mombakkies.

Dit trek in stoete, kermis om die Kruis, wissel
van gedaante deur die eeue, maar die spel
bly steeds dieselfde in monnike, masjien of dissel.

En ewig in die kringloop van die lus gevang
ry ons en kap die lieste van die hingste
om en om die kraaie op kaal vrouens in die dam.

Ag, Liefste! Kom dan, laat ons vlug uit die gebras
en skuil in mossel, horingpeul - en ver bokant
die kermis van die bose sweef in belle glas.

Want in my is die swaap, die visgelipte sot
wat elke toertjie van 'n towenaar befluit...
maar wonderwerke en Sy kruisiging bespot,

en, as ek God saam met Antonius aanroep,
is hy reeds daar wat van 'n nuwe geilte
roekeloos die eerste swaeltjies deur 'n tregter poep.

Opperman se gedig verwys na "Die Madrona-bessie
skildery." Hy interpreteer die middelpaneel, soos
meeste kritici, as 'n "garden of earthly delights,"
'n Garten der Luste. Wilhelm Fraenger meen egter dat
Bosch 'n lid was van die Adamiete, wat rituele naakt-
heid beoefen het in hulle godsdienstige byeenkomste.
Hy meen dat die middelpaneel 'n voortsetting is van
die paradys in die eerste paneel, en dat Bosch wil wys
hoe die mens in onskuld sou kon gelewe het, as daar
nie 'n Val plaasgevind het nie.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Limeriek: Indoena
Volgende onderwerp: Die BALLING as tema in Afrikaanse digwerk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 17:20:31 MGT 2024