Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Goduka Europe
Goduka Europe [boodskap #119365] Sa, 06 Maart 2010 09:13
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Goduka Europe, wat “gaan huis toe, Europa” in Xhosa beteken, “Go
away”, “Hamba” en “Futstek” [sic] is onder meer op die standbeeld (van
koningin Victoria) gespuitverf.

( Foto van beskadigde standbeeld op Nuus24 : [ http://tinyurl.com/ya4ny7f
] )

==========================================================
Anglo-Zoeloe-oorlog
2010-03-06 08:01

Werner Hills en Helga van Staaden
Port Elizabeth - Die standbeeld van koningin Victoria voor die
Sentraal-biblioteek is geskend in ’n klaarblyklike teenreaksie op die
vyandige ontvangs van pres. Jacob Zuma in Brittanje.

Die pragtige marmerbeeld het nou “bloed” wat uit haar borste en buik
loop en swartgeverfde oë waar dit oorkant die markplein staan. Die
plein is ’n bekende toeriste-aantreklikheid.

Graffiti in talle van die amptelike landstale laat geen onduidelikheid
nie dat dié meer as honderd jaar oue Baaise baken gevandaliseer is uit
weerwraak oor die Britse aanvalle op Zuma. Hy is selfs as ’n “barbaar”
uitgemaak.

Goduka Europe, wat “gaan huis toe, Europa” in Xhosa beteken, “Go
away”, “Hamba” en “Futstek” [sic] is onder meer op die standbeeld
gespuitverf. Geskokte verbygangers kon gisteroggend skaars glo wat
hulle sien.

“Ons moet onsself afvra hoekom die mense hierdie ding gedoen het,” het
Siya Mapinda gesê. “Ek dink dit is oor die negatiewe berig-gewing oor
Zuma. Maar dít is nie reg nie, daar is beter maniere om te
protesteer.”

Johan Goosen meen die mense wat dit gedoen het, moet gehang word,
“want dit is ’n belangrike deel van ons geskiedenis. En wat sal die
internasionale besoekers dink wat met die 2010-sokker hiernatoe kom?”

Vir Robert Burton stuur dit weer die sinistere boodskap uit dat
toeriste nie eintlik welkom is in die land nie.

Die standbeeld was vroeër in die nuus toe Mike Xego, voormalige ANC-
leier van die Nelson Mandelabaai-metrostreek, sy haat teenoor
kolonialisme uitgespreek het.

“Ek haat koloniale name en sou sélf koningin Victoria se standbeeld
voor die stadsbiblioteek in die middestad verwyder as ek kon.

“Die koningin (Victoria) se hande is vol bloed,” het Xego gesê.

Die Burger kom Xego nie gister in die hande kry om te hoor of hy nog
dieselfde voel nie.

Ernest Devasconcellos wou weet waar die sekerheidsdienste was wat die
gebied moes beveilig. “Sedert die munisipaliteit Omega-
sekerheidsdienste in Sentraal weggeneem het, raak die wetteloosheid al
hoe erger.”

’n Uiters ontstelde Jeremy Davis, DA-raadslid in die gebied, het gesê
die sekerheid in die gebied sal daadwerklik opgeskerp moet word.

Manuel de Castro, eenmalige burgemeester van Walvisbaai, het in
afgryse na die geskende beeld gestaar en gesê: “As dít die manier is
hoe Suid-Afrikaners gaan optree oor die negatiewe publisiteit oor
Zuma, gaan dit net verhoudings tussen Suid-Afrika en Brittanje
versuur.”

Kupido Baron, munisipale woordvoerder, het gesê die voorval is by die
polisie aangemeld. Baie goeie bewysstukke wat by die standbeeld gevind
is, asook die veiligheidskameras se opnames sal help met die
ondersoek.

Anton Momberg, ’n beeldhouer wat 15 jaar gelede deur die
munisipaliteit gehuur is om die standbeeld van koningin Victoria te
restoureer, het gesê daar sal eers navorsing gedoen moet word om die
regte skoonmaakmiddels te kry om die beeld mee skoon te maak sodat dit
nie in die prosesbeskadig word nie.

– Die Burger

( http://tinyurl.com/ya4ny7f )
Vorige onderwerp: Bid to oust Zuma soon - Samwu
Volgende onderwerp: Zuma mors miljoene met Zambië uitstappie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 15:36:03 MGT 2024