Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Swartes val 83 jarige man en familie aan
Swartes val 83 jarige man en familie aan [boodskap #119362] Vr, 05 Maart 2010 18:16
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Bejaarde paartjie op plaas aangeval
2010-02-24 20:13

Bloemfontein 'n 83-jarige man, sy familie en 'n plaaswerker is
Woensdag in die Welkom-omgewing deur agt mans wat gemaak het of hulle
beeste kom koop aangeval, het polisie in die Vrystaat gesê.

Volgens kapt. Stephen Thakeng het die voorval rondom 12:15 op die
plaas Doornlaagte plaasgevind.

"Hulle het gemaak of hulle koeie wil koop en toe hulle by die kraal is
het die agt mans die boer en 'n plaaswerker aangeval."

Cornelius Cronjé en sy 30-jarige werker, David Mei, is met plastiek
toue vasgebind en by die kraal gelaat voordat die mans aanbeweeg het
na die huis.

Volgens Thekeng het die mans vir Anna Marie Cronjé, 85, en haar dogter
Petronella, 53, in die huis oorweldig. Hulle is vasgebind en gedwing
om op die eetkamervloer te lê.

"Die verdagtes het aangedring op geld en vuurwapens."

Op 'n stadium is Cronjé van die kraal na die huis geneem.

Die aanvallers het uiteindelik twee pistole en 'n onbekende
hoeveelheid geld van 'n kluis geneem.

Mei het homself losgekry en hulp ontbied van 'n nabygeleë plaas.

Die agt verdagtes het weggejaag in 'n geel Isuzu bakkie met 'n wit
dak.

Cronjé het beserings aan sy kop opgedoen nadat hy met 'n stomp
voorwerp geslaan is en sy vrou het beserings aan haar hande opgedoen.

Hulle is in 'n hospitaal in Welkom opgeneem.

( http://tinyurl.com/ydafdre )
Vorige onderwerp: 20-Jarige swart matriek barbaar
Volgende onderwerp: Swartes vermoor bejaarde vrou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 01:09:12 MGT 2024