Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » 20-Jarige swart matriek barbaar
20-Jarige swart matriek barbaar [boodskap #119359] Vr, 05 Maart 2010 07:31
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gr. 11 steek matrikulant met skêr oor skooltas
2010-03-05 07:41

Amanda Roestoff

Johannesburg - ’n Matrikulant van die Hoërskool Die Burger in
Bergbron, in die weste van Johannesburg, is in ’n ernstige toestand
nadat hy Donderdag deur ’n gr. 11-leerling met ’n skêr in die gesig
gesteek is.

Die jonger leerling (17) het die 20-jarige matrikulant twee keer in
die gesig gesteek. Kapt. Lydia Mtila-Dikolomela, polisiewoordvoerder,
het gesê die matrikulant, Khotso Molokoane, is in die
gemeenskapskliniek in Discovery, Roodepoort, opgeneem vir behandeling.
Hy is in ’n ernstige, maar stabiele toestand.

Molokoane is omstreeks 10:30 buite ’n klaskamer aangeval omdat hy glo
die jonger leerling se skooltas versteek het. “Die 17-jarige het glo
dae gelede ’n sonhoed geleen en telkens belowe om dit terug te bring,
maar dit nie gedoen nie. Toe steek die matrikulant sy skooltas uit
frustrasie weg,” het Mtila-Dikolomela gesê. Die polisie is ontbied en
die 17-jarige is in hegtenis geneem. “Hy word in die polisieselle
aangehou, maar is nog nie amptelik aangekla nie.”

Hy word deur ’n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te
beseer in die gesig gestaar en sal moontlik vanoggend of Maandag in
die Roodepoort-landdroshof verskyn.

Basie Smit, skoolhoof, het nie op Beeld se telefoniese versoek
gereageer om kommentaar te lewer nie.

( http://tinyurl.com/yc9jaoz )
Vorige onderwerp: Pasgebore baba sterf in smeulende asblik
Volgende onderwerp: Swartes val 83 jarige man en familie aan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 16:41:20 MGT 2024