Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Solidariteit Brief
Solidariteit Brief [boodskap #119352] Do, 04 Maart 2010 11:32 na volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ek het die volgende van Solidariteit ontvang (maak jou bydrae asb.)
============================================================ ========
Zuma stem in om jou brief teen misdaad te ontvang

Jy is een van meer as 60 000 Suid-Afrikaners wat oor die
misdaadsituasie in Suid-Afrika aan die President geskryf het.
President Jacob Zuma het, ná volgehoue druk deur Solidariteit,
ingestem om die misdaadbriewe van derduisende ontevrede Suid-
Afrikaners wat die afgelope twee weke ingestroom het op Dinsdag, 9
Maart te ontvang.

Solidariteit het dié veldtog begin om druk op die Suid-Afrikaanse
regering te plaas en die ware erns van misdaad te beklemtoon.
Solidariteit wil sodoende toesien dat die regering misdaad as ʼn groter
prioriteit beskou en die probleem dringend aanpak.

Solidariteit het reeds meer as 60 000 briewe en SMS’e van Suid-
Afrikaners ontvang waarin hulle hul misnoeë met die huidige
misdaadsituasie en die regering se hantering van die probleem
uitdruk.
Solidariteit het ook verlede week ʼn video bekend gestel waarin van die
mense hulle stories aan die president vertel. Die video is op verskeie
webblaaie gepubliseer en mense dwarsoor die wêreld het gekyk en
geluister na die briewe wat president Zuma nie wou aanvaar nie. Die
video kan op www.stube.co.za gekyk word.

Jy is een van die mense wat aan president Zuma wou vertel van jou pyn
en vrees as gevolg van misdaad. Die presidensie wou nie jou brief
aanvaar nie, maar dit het ons net meer vasberade gemaak om die
boodskap oor te dra. Die momentum is landswyd nou so groot dat dit
byna onkeerbaar is.

Hiermee wil ons jou aanmoedig om die boodskap te versprei onder
vriende en familie, sodat ons mik om 100 000 briewe aan die president
te oorhandig.

Laat jou stem hoor – die tyd raak min!

Solidariteit doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners wat nog nie aan die
veldtog deelgeneem het nie om nou hulle stem by die meer as 60 000
ander stemme te voeg.

Neem só deel:

Besoek die webwerf www.geagtepresident.co.za en stuur die algemene
brief wat hier beskikbaar is of rig ʼn persoonlike brief aan die
president.

Stuur ʼn SMS na 35960. Begin die SMS met die woord “misdaad”, gevolg
deur jou persoonlike boodskap
Re: Solidariteit Brief [boodskap #119382 is 'n antwoord op boodskap #119352] Ma, 08 Maart 2010 15:20 Na vorige boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
> Solidariteit het ook verlede week ʼn video bekend gestel waarin van die
> mense hulle stories aan die president vertel. Die video is op verskeie
> webblaaie gepubliseer en mense dwarsoor die wêreld het gekyk en
> geluister na die briewe wat president Zuma nie wou aanvaar nie. Die
> video kan opwww.stube.co.za gekyk word.

Die stories van Suid-Afrikaners wat die president nie wou hoor nie

As u nie die video kan sien nie, kliek hier.

Oorsprong:Stube
http://www.stube.co.za/4.0/video/288/Die-stories-van-Suid-Af rikaners-wat-die-president-nie-wou-hoor-nie

For more information visit http://www.dienuwesuidafrika.com
Vorige onderwerp: Nóg 3 bejaardes in huise vermoor in vlaag van aanvalle
Volgende onderwerp: 2 vas vir moord op bejaarde egpaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 16:51:18 MGT 2024